Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis nag
Vannaand ‘n koue nag
Koud en alleen
Net ek
En my beste vriend
Sy’s altyd by my
Vier voete aan my sy

Maar hier is ek
Sonder jou
Man sonder gesig
Ek verlang
Maar na wat?
Sterk arms om my gevou
Ondeunde glimlag
Diep blou oë
Of is dit groen?
Wat als wil weet
My hele siel wil ontleed

In geestes oog
Sien ek jy vat my hand
Ons dans
Twee word een
Grasieus
Twee flaminke
Sweef oor die vloer
Sterk in jou arms
Nooit sal jy my los
Jou beminde
Vir wie jy troepe sou verslaan
Net vir my
Kleine ou ek

Saam saam
Loop ons op die strand
Hand aan hand
Vingers in mekaar
As een geknoop
Sonder spraak
Hoe klink jou stem?
Het ek dit al gehoor?
Bas of tenoor?
Golwe slaan oor rotse
Woedend
My hart ontstuimig
Kloppend

Met eens in jou arms
Vannaand is daar geen maan,
Jou oë bly leë gate
Vingers streel my wang
Die wind fluister
Woorde vir my
As ek net kon hoor
Net verstaan
Al wat jy bly
Is ‘n silhouette
My droom
Sonder stem
Sonder gesig

Waar is tog die maan?
Ek wil jou sien
Ek wil jou hoor
Voor die nag om is
Ten volle bekoor

Weg gaan jy
‘n Sand duin waai uitmekaar
Snikkend
Op my knee val ek neer
Ek pleit
Dat jy moet bly
Bly tog asseblief by my

Ys koud binne in my hart
Skrik ek met eens wakker
‘n Droom
‘n Gruwel genadelose droom
Weg gewaai deur wind
En stroom
Alweer is ek alleen
Sonder jou
Wagtend
Jy
Een dag aan my sy
Harte verewig saam vry...

©IQ
23-05-2011



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek droom...
Ahahaha, nee nee nee, hy kruip maar net baie goed weg! Nog nie 'n oog op hom gelê nie!
8 jaar 10 maande 2 weke 18 ure oud


Ek droom
Haai. Kom, kom. Wakker word. Hy's daar. Innie kombuis. Maak vir koffie. Om jou wys . Hy's lief vir jou. Juis!
8 jaar 10 maande 2 weke 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar