Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



ek droom van ‘n plek
waar jy stil kan raak
natuur, dier in sirkel ontwaak
vrugteboorde enorm groot
almal eet ongestoord voort

ek droom van ‘n plek
vol sprankelfonteine
sonder suurwater-afval van myne
groen grasperk om aardbol drapeer
n wagstaan engel om seer te keer

ek droom van ‘n plek
wat onwerklik wink
elkeen kan glasie vreugde skink
bekommernisse agterweë gelaat
en ordentlik met mekaar praat

'n plek met lowergroen bome en grond
waar almal vries met die morestond
gedoriewaar, sou dit nie wonderlik wees
as almal nou saam kon vergader in gees



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ek droom
Beskrywend pragtig ! Verlang ons in hierdie land nie maar almal na so n plek nie ? Sou so wonderlik gewees het.
5 jaar 9 maande 16 ure oud


ek droom
Onthou jy die liedjie dreams are good vriends van Vicki Leandros? Toe ek hierdie pragtige werk van jou gelees het het ek dadelik aan daardie liedjie gedink
5 jaar 9 maande 4 dae 9 ure oud


ek droom
.. en ek droom saam met jou .. puik verwoord!!!
5 jaar 9 maande 4 dae 14 ure oud


***
En uiteindelik bly dit maar net 'n droom -- maar drome kan mens seker ook vry maak, dalk tog.
5 jaar 9 maande 4 dae 16 ure oud


Ano
Droom
Jip, ek soek al laaaaankal na daai plek. Vermoed dit bestaan toe net in my kop, maar dis ook OK.
5 jaar 9 maande 4 dae 17 ure oud


Foto 1
Defnitief die paradys waarvan jy hier skryf. Salig sou dit wees. Ongelukkig het die mens, soos met alles, dit ook bevoes.
5 jaar 9 maande 4 dae 18 ure oud


Foto 1
Sal dit nie wonderlik wees om weer veilig so tussen bome deur te stap nie?

Heling vir 'n moee siel
5 jaar 9 maande 4 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar