Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ek droom van ‘n plek waar jy stil kan raak
die natuur en dierelewe in sirkel ontwaak
‘n plek met vrugteboorde enorm groot
almal eet lustig en ongestoord voort

ek droom van ‘n plek vol sprankelfonteine
sonder suurwater en afval van myne
lowergroen grasperk om aardbol drapeer
en ‘n wagstaan engel om seer te keer

ek droom van ‘n plek wat so onwerklik wink
maar elkeen kan daar ‘n glasie vreugde skink
met bekommernisse agterweë gelaat
en almal ordentlik met mekaar kan praat

'n plek met uitgestrekte , wye oseaan
jy kan daar al jou hartseer en sorge laat gaan
o gedoriewaar, sou dit nie wonderlik wees
as ons almal nou saam kon vergader in gees



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Droom
Oupa Adam en Ouma Eva het ons sleg befoeter! Baie mooi die padtekens - die roete ken ons. Pragtig vir elke dag se droom.
6 jaar 5 maande 1 week 3 dae 17 ure oud


Droom
Dit laat my aan Psalm 84 dink; Selfs kry die mossie 'n huis naamlik U altare.

Die wonder daarvan is dat dit nog baie heerliker gaan wees as wat ons ons kan indink!

Puik verwoord Elvina!
6 jaar 5 maande 1 week 3 dae 17 ure oud


Ek droom
Droom ons almal nie oor so 'n plek van vrede nie? Pragtig verwoord, voer mens mee op die droom :)
6 jaar 5 maande 1 week 4 dae 4 ure oud


Ja
Dit klink hemels...mooi geskryf oor 'n lekker plek :-)
6 jaar 5 maande 1 week 4 dae 11 ure oud


Sonder fiemies!
Ek het net een antwoord...Lééf jou droom!
Jou gedig is pragtig geformuleer, jou rymwerk uitstekend!

Nou...sluit jou oë en word stil...
visualiseer "sprankelfonteine met lowergroen grasperke en ‘n wagstaan engel om seer te keer...!
Beleef dan "‘n plek wat werklik wink
en elkeen daar ‘n glasie vreugde skink"

6 jaar 5 maande 1 week 4 dae 12 ure oud


plek sonder fiemies
Ag nee wat, nou is ek stom geslaan. Wat op aarde se ek vir jou wat by hierdie pragstuk sal pas.

Ai vriendin dis mooier as mooi. n goue * vir jou.
6 jaar 5 maande 1 week 4 dae 17 ure oud


Ano
Droom
Sjoe - ek hoop daar is 'n gaatjie vir my ook :-)
6 jaar 5 maande 1 week 4 dae 17 ure oud


Nie net 'n droom...
maar ek glo ons wat glo kom almal daar. :)
6 jaar 5 maande 1 week 4 dae 18 ure oud


Fiemies
VOORWAAR ja, absoluut wonderlik! Ek droom saam.
6 jaar 5 maande 1 week 4 dae 19 ure oud


.
Jy het waar ek vir die eerste 12 jaar van my lewe gewoon het nou hier beskryf.

Toe alles nog 'reg' was.
6 jaar 5 maande 1 week 4 dae 20 ure oud


sonder fiemies
So pragtig verwoord.. ja hierdie wag vir ons in die Ewigheid.. puik vriendin .. laar mens sommer uitsien na dit ...
6 jaar 5 maande 1 week 4 dae 21 ure oud


---
Ek klap sommer hard`op hande vir hierdie aller`pragtigste gedig van jou. "O gedoriewaar, sou dit nie wonderlik wees
as ons almal nou saam kon vergader in gees" [!Lieflik! geskryf Elvina!]
6 jaar 5 maande 1 week 5 dae oud


......sonder fiemies
ek verstaan, daar is net een so'n plek. Diep.
6 jaar 5 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


DROOM
" 'n glasie vreugde skink" dis so mooi gestel. Een van jou mooies hoor.
6 jaar 5 maande 1 week 5 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar