Gedigte

Titel: Ek glo
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


ek glo in stadig soen
ek glo daar word meer gesê as oë en vingers raak
ek glo daar is n stil gesprek wat net die hart kan hoor
ek glo ek hoef niks hier te laat rym nie

ek glo daar is simbiose tussen goed en kwaad
ek glo daar is n wese baie slimmer
ek glo ons is fyn beplan
ek glo Hy het Sy saadkorrels oor die heelal gelaat

ek glo dat alles reeds was
ek glo die geskiedenis is in klip geskryf
ek glo die antwoorde is n legkaart
ek glo ons het nog minder as die helfte ingepas

ek glo die winter is hoekig en die somer is rond
ek glo daar is vrede met voels in jou tuin
ek glo jy moet iewers in jou lewe n boompie plant
ek glo daar is iets mistiek in die reuk van grond

ek glo omdat ek glo ek is mens



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Glo
Ek sal ook my glo-stem hierby invoeg. Dink dis wraggies oulik om so te mag en kan glo.
5 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 19 ure oud


glo
Glo my, ek glo soos jy. Baie oulik geskryf.
5 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 19 ure oud


glo
Ek hou baie van jou gedig. Goeie skryfwerk....oorspronklike ideës en mooi gedagtes
5 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 20 ure oud


Glo
Hel Mater,
Ek glo ook in baie van hierdie glo-gery van jou.
Dis net daai lang soen een . . .
Hoe lank is jou lank?

Hier haak ek effe vas.
Dit saak nie maak nie

Die fyn beplan van die mens maak saak.
Ek dink die mens is 'n futup maaksel.

Daai rooibokkie, daai meerkat kleintjies, daai een sekonde geheue vis - sulle is baie fyner beplan.

In elk geval laaik ek al jou glo.

Dis uniek en nuut.
5 jaar 8 maande 4 weke 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar