Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek stap my hele lewe lank op hierdie hoë muur.

En as ek af kyk;
Sien ek hoe die vroue doer onder, my aanstaar.
Som begeer om soos ek te wees: my rykdom, juwele, duur klerasie…
Dan ander vroue wat my hatig aanstaar en ek weet presies wat hulle dink.
Hulle manne of familielid het dalk voorheen kom kuier?
Baie keer lag ek uit my nate, want sommige van hulle is so pateties.
As hulle maar net weet hulle besit dieselfde krag soos ek.

Maar vanaand is dit anders.
Ek het my muur heel dag vermy.
Ek sien nie kans om nog 'n tree daarop te neem nie.
As ek hier binne, rondom my kyk, besit ek alles, maar
so baie ontbreek my nog.
Vrede in my hart,
blydskap…
'n Rein lewe,
dalk dat iemand my kan aansien vir die stukkende ek,
en nie net my skitterende dop nie…

Ek neem een van my speeldinge op in my hand: my rooi tou.

Wens iets drasties kan gebeur wat my uit my donker put kan ruk.
Iets vir 'n nuwe ek,
'n Skoon bladsy...

…Ragab



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

tou
Elkeen het toegang tot die tou wat van Bo hang, dis net of jy sterk genoeg is om daaraan te bly hang.
5 jaar 10 maande 1 week 20 ure oud


--
[Ragab] Ek dink jy's dalk reg. Miskien word jy deur baie ander vroue beny maar ek dink nie dis omdat jy alles het wat geld kan koop nie [Serious? 'n Prostituut?], ek dink eerder dis omdat jy gelowig is en vasklou aan die belofte dat jy uit daai donker put geruk gaan word.

* Die rooi tou is dalk meer simboliek as wat dit hier deurskemer. [Ek hou baie hiervan!]

Hopelik het ek hierdie gedig van jou reg vertolk [Indien nie, laat hoor van jou!]
5 jaar 10 maande 1 week 22 ure oud



Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar