Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



ek wou jou nog vertel
hoe die wêreld deur my sonbril lyk

die eerste sagte groen
wat aan die populier se takke pryk
skakeer so effe geel
die wolke vlies in warmpienk

ek wou sê
dat ek maar óók my letsels dra
al laat ek dit nooit blyk nie ~
dat niemand eintlik nodig het
om agter hierdie bril van my te kyk nie
. . . soms het ek ook seer

maar nóú
nou sit ek in my tuin
in die vroeë môreson
dit voel soos lente
die voeltjies maak musiek
en daar's net iets
so vars
so kráák (dog delikaat)
aan hierdie skoonste uur

ek haal my sonbril af
en lê dit langs my neer
en ek begeer . . .
bloot 'n duisend dae
(met so 'n oomblik)
en só 'n plek
soos hier





C. Shaw
21 Augustus 2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

.
Die wolke lyk vir my altyd ekstra mooi deur my sonbril. Asof dit dan meer detail aan het.

'n Sonbril steek ook trane weg ... of rooi gehuilde oë.

Jou slot is pragtig.
4 jaar 5 maande 1 week 2 dae 17 ure oud


vergeet
So wonderskoon is die oggend lug, kraakvars geskryf!
4 jaar 6 maande 6 dae 16 ure oud


letsels
baie waar en mooi gepen
4 jaar 6 maande 1 week 1 dag 11 ure oud


vergeet
Pragtig gepen.
4 jaar 6 maande 1 week 2 dae 9 ure oud


Letsels
BRAVO!! BRAVOOOO!!!!
Ja man....ek begeer dit ook!!!
4 jaar 6 maande 1 week 2 dae 15 ure oud


ek het amper vergeet...
wow...ja soms lyk die wereld en lewe heeltemal anders as jy deur iemand anders se bril daarna kyk... so dra ons almal maar maskers om letsels weg te steek ....
4 jaar 6 maande 1 week 2 dae 19 ure oud


die weervoorspelling
so,deur iemand anders se oe,sien mens soms iets anders raak...
maar dis eers wanneer mens jou eie bril afhaal,dat alles skielik helder is....

EK hou hiervan.
4 jaar 6 maande 1 week 3 dae 11 ure oud


Oomblik
So wil ons almal net uit ons gaatjies uitkruip en net onsself wees. Pragtige werk!!
4 jaar 6 maande 1 week 3 dae 11 ure oud


Hmmmmmmm
Mooi geskryf.
Dit lyk darem of die letsels jou meestal onveranderd gelaat het.
4 jaar 6 maande 1 week 4 dae 21 ure oud


oomblik
Met of sonder die sonbril, bly die natuur altyd mooi. Stem ook saam met K/B.
4 jaar 6 maande 1 week 4 dae 23 ure oud


so kráák (delikaat) . . .
daar het jy nou sommer jou eie werk ook beskryf . . .

Ék kan dit nie beter sê nie!
4 jaar 6 maande 1 week 5 dae 3 ure oud


oomblik
ai Carma jy laat mens werklik verlang a mense wat jy nie ken nie
4 jaar 6 maande 1 week 5 dae 4 ure oud


*
"dat niemand eintlik nodig het
om agter hierdie sonbril van my te kyk nie"

my gunsteling deel ***
4 jaar 6 maande 1 week 5 dae 12 ure oud


oomblik
So baie oomblikke wat ons graag sou wou vasvang en ja ons swyg maar eerder oor ons letsels.
Pragtige landskap en atmosfeer geskep!
4 jaar 6 maande 1 week 5 dae 14 ure oud


vergeet
Nog 'n WOW gedig van jou. :)))
4 jaar 6 maande 1 week 5 dae 16 ure oud


amper
Hoe wonderlik beskryf jy die natuur in al sy wonderlike kleure, met of sonder die bril, jy mag maar.
4 jaar 6 maande 1 week 5 dae 17 ure oud



Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar