Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het jou lief.
Dis ‘n fluistering deur die wind herhaal,
wat saggies in die blaar geritsel neerdaal.

Ek het jou lief.
Dis ‘n sug in die stilte van die oop Karoo-naglug,
‘n Vaste vertroue, ‘n verbond, ‘n brug.

Ek het jou lief!
Dis ‘n kreet teen my mure, ‘n ego wat my siel aanraak,
tot daar waar alles en niks sin maak.

Ek het jou lief!
Dis ‘n bloedstollende gil, ‘n dolksteek deur my hart,
‘n Mooie, sagte hart,wat eens geklop het sonder smart.

Ek het jou lief.
Dis ‘n WEET, polsslag wat flou begin,
dan, al sterker en harder doef-doef, doef-doef diep binne-in

Ek het jou lief.
Dis ‘n lied wat my dra, hoer en hoer,
Tot dit saamsmelt met ‘n engelekoor.

Ek het jou lief.
Dis ‘n ken, ‘n wonder, ‘n verstaan,
tot ek een word met jou lug, jou ruimtes, jou bestaan.

Ek het jou lief



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

eK HeT JoU LiEf
Dit is mooi
8 jaar 6 maande 3 weke 1 dag oud


ek het jou lief...
Nou dit sê ek mos, is hoe die liefde is en moet wees. 'n Vers wat skoon die asem wegslaan! Puik en treffend vasgepen!!
8 jaar 7 maande 4 dae 11 ure oud


=)
P R A G T I G!!!!! Heti woorde nie..
8 jaar 7 maande 5 dae 14 ure oud


Ek het jou Lief
Ek hoop hierdie gedig van jou is gerig aan die stille, sterbesaaide hemelnagte wat slegs die Karoo kan bied.
Ek het met jou mee gelewe jou hele lees lengte en ek weet jy is nog nie genees.
Ek wonder:- Sê jy, vra jy, kla jy of herbevestig jy.
In elk geval, dis baie goed gedoen. Ek het dit weer gelees en ek verstaan!
8 jaar 7 maande 6 dae 12 ure oud


Ek het jou lief...
Woorde waarvoor mens nooit te moeg word om te hoor of te sê nie en jy doen dit perfek...asemrowend!
8 jaar 7 maande 6 dae 13 ure oud


Sjoe....
Hierdie is baie mooi geskryf, soveel gevoel......
8 jaar 7 maande 6 dae 14 ure oud


Ek het jou lief
Pragtig!!!!!!
8 jaar 7 maande 6 dae 15 ure oud


liefde
lieflike liefdesgedig!
8 jaar 7 maande 6 dae 16 ure oud


die weervoorspelling
hou van elke strofe se struktuur.
liefde bly maar soet op die tong.
(die is nou n goeie voorbeeld van hoe belangrik leestekens is....jou hoer hoer kon defintief doen met umlauts.....hehehehe....en as jy jou gedigte in Word tik , is leestekens maklik....)
8 jaar 7 maande 6 dae 17 ure oud


Ek het jou lief.
Adelhaide, hierdie is nou regtig pragtig gedoen! Elke strofe goed deurdink en gevorm met die allermooiste beelde!

Groete
8 jaar 7 maande 6 dae 22 ure oud



Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar