Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


ek het my sê gesê
die kan is omgestamp
rooi sand slurp dorstig
die laaste druppels melk
die gemmer kat lek lustig
die room van sy voetjies af

my boekmerk het uitgeval
ek het my plek verloor
dIs tyd vir stil bly
want
ek het my sê gesê



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Was net tydelik
Magteloos gevoel omdat ek nie verder kon help nie.. Is vir my moeilik om my groot mond te hou..
6 jaar 11 maande 1 week oud


Half-vol, half-leeg
Vir wat is almal so melankolies vandag?
6 jaar 11 maande 1 week oud


hahahaaa
Ek het eers toe Spyker daarvan praat gesien dit lyk soos n glas.
6 jaar 11 maande 1 week 2 ure oud


Oulik
Sommer baie oulik -- glas en al...
6 jaar 11 maande 1 week 13 ure oud


Ek ook
Ou Spyker doen die ding raak
baie raak.
Lat sy lê wa'sy wil!
6 jaar 11 maande 1 week 14 ure oud


Jou se gese
Snaaks, die gedig lyk soos 'n glas vol woorde - lyk my jy moet jou drankie nou klaar maak.
Die probleem daarmee is dat U dan half flenters raak... en dan word die titel verander en word... Ek het my se vergeet!
6 jaar 11 maande 1 week 1 dag 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar