Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Groet dan maar jou Tafelberg
en groet jou Bloubergstrand
groet jou branders waar hul breek
oor die wit van weskus sand
en wyl die suidoos nog vir oulaas
oor piek en kranse waai
groet jou Hangklip en jou Rooiels
en sê "vaarwel my Gordonsbaai."

In die Noordkaap wuif 'n kokerboom
wyl die Namakwa vir jou blom
maar groet solank die fynbos
(daar by Darling)
as die trekvoëls huis toe kom.
Groet dan sommer ook die winterwind
o, lentekind . . .
groet jou son.

Verby is jou Karoo
jou Kgalagadi se woestyne,
verby hul helder nagte
die maan en sterre bo hul duine.

Groet die Vrystaat
waar die heuwels
pers lê in die niet.
Hoor hoe sing die naguiltjie
en wéét
haar hart is vol verdriet.
Kyk nog een keer hoe die lang gras
oor die wye vlaktes baan
en verduid'lik vir die bitterbos
hoekom jy moet gaan.

Groet die Strydomtonnel
bo die Drakensberg vallei
huiwer vir 'n oomblik
om jou laaste blik te kry.
Groet die vrou met die krale
en die baba teen haar bors
groet die melk
groet die heuning . . .
(hallo, dors)

Gaan groet jou Tsistsikamma
en ry nog een lang draai
tot binne-in jou Transkei
gaan sê vir haar koebaai.

Sit teen skemer langs 'n bosveldvuur
en laat brand dit tot die môre-uur.
Groet die maroela en die doringboom
en keer jou rug na die Transvaal.
Neem dán maar afskeid van jou suiderland

en groet jou mense
. . . groet jou taal.



C. Shaw
15 Oktober 2015





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

pak jou goed
mooi gepen xx
2 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 7 ure oud


Pak
Jinne toggie, hierdie een is alweer so goed en smaak my dit oortref alle ander! Nou weet ek glad nie meer of ek nog eendag wil groet nie, mmmm.....
2 jaar 9 maande 3 dae 6 ure oud


groet?
baie goed verwoord - was lekker om te lees!
2 jaar 9 maande 3 dae 12 ure oud


Tasse pak
Wow, dit was nou 'n heerlike toer met 'n amperese traan in die oog!
Dankie aan die toergids; jy het my weer op die rykdom gewys.
2 jaar 9 maande 4 dae 11 ure oud


Z
Soveel mooi wat mens moet/wil groet. Uitstekend geskryf.
2 jaar 9 maande 5 dae oud


Tasse pak
baie mooi geskryf!
2 jaar 9 maande 5 dae 7 ure oud


. . .tasse pak
Dit is nog nooit beter gesê nie.

Hiervoor gee ek jou my punte

Kreatief en raak.
2 jaar 9 maande 1 week 1 dag 8 ure oud


Weet jy . . .
hoe swaar dit is?

Voeg dan nog daarby die verbrande klippe
en die 'hart wie Kamehldornholz' van Suidwes . . .

Jy pluk weer my hart onderstebo met hierdie verse.




2 jaar 9 maande 1 week 1 dag 23 ure oud


##
"en groet jou mense
. . . groet jou taal."

waar die mens tot in die anderkant van die lewe val, van geen keer nie. Wat die ontdekking daar anderkant sal wees, sal nooit aan die agterblywendes meegedeel word nie.
2 jaar 9 maande 1 week 2 dae 5 ure oud


.
Wat 'n reistog. Dankie! Baie mooi geskryf. Ek hou van die verskillende ritmes, wat die gedig steeds so mooi laat vloei.

Skerp melk en heuning stukkie*

Hou van die slot. Dis so finaal. Wow, pragtig uitstekend geskryf.
2 jaar 9 maande 1 week 2 dae 6 ure oud


tasse
Waow carma ek het nie woorde nie diamant vir jou hier
2 jaar 9 maande 1 week 2 dae 7 ure oud


tasse
Mooi geskryf, mooi dink voor jy gaan ...
2 jaar 9 maande 1 week 2 dae 7 ure oud


Tasse
jou pragtige gedig is net weer n bewys waarom ek so lief is vir ons Suiderland... Ongelooflike woordskildery wat jy hier vasgepen het!
2 jaar 9 maande 1 week 2 dae 9 ure oud


Tasse
Ek glo nie hulle sal na dese meer wil tasse pak nie.
2 jaar 9 maande 1 week 2 dae 9 ure oud


Tasse
Ja dis n groot stap want soveel keer in jou lewe pak jy n tas en neem afskeid van mense en gebeure, en soms ja pak jy jou tas en vlieg weg. Goed geskryf
2 jaar 9 maande 1 week 2 dae 9 ure oud


ek hoor jy wil jou tasse pak
absoluut aangrypend! ek sluksluksluk behoorlik nou sommer aan die knop in my keel... werklik baie baie goed geskryf!!
2 jaar 9 maande 1 week 2 dae 11 ure oud


Ek hoor jy wil jou tasse pak
Hierdie gedig gryp my aan die hart en ek weet hoekom ek hier bly. Pragtig gedoen.
2 jaar 9 maande 1 week 2 dae 12 ure oud


Ek hoor
'n Persoon moet kens wees om sy tasse te pak en die wêreld agter te laat. Pragtig gepen.
2 jaar 9 maande 1 week 2 dae 12 ure oud


Tasse word uit gepak
Man ek het nog nie gedink om tasse te pak nie, maar na ek die gelees het word hulle sommer al klaar weer uit gepak
2 jaar 9 maande 1 week 2 dae 12 ure oud


Ek hoor jy wil jou tasse pak


Wie sal dan nog die hart hê om tasse te pak na lees van hierdie dwarrel deur ons pragtige land; 'n dwarrel wat Viooltjiewoorde ryg tot 'n volmaakte reënboog wat ons wêreld oorkoepel?

Puik Viooltjie, puik en dankie vir so mooi!
2 jaar 9 maande 1 week 2 dae 12 ure oud


Groet
Wow....UITSTEKEND gepen Carma!

Ek het sommer so ń lang draai saamgery en die prag wat jy geskep het aanskou.

Pragtig geskilder maar ń hartsnaarkrapper.
2 jaar 9 maande 1 week 2 dae 13 ure oud



slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar