Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

No 80.

Vermoeiend word die lang tog
afgelê al na die noorde
al die senuwees en agterdog
bly gedagtes maal, hier soveel moorde.

So word die dag opgeslurp deur die nag,
donkerder as die swartste steenkool.
In die nagtelike luggie so koel,
werp die vuurvliegie sy glans teen die nag.

My oë word gevang met va-a-a-ak
so kon die wil ook nie wa-a-a-ak.
Ek hoor my eie gedagtes
en is omsluit in nagtelike stiltes.

Meteens hoor ek die geblaf van ʼn koedoe
maar sien niks in nagtelike skadu,
so klop die hart in eie ritmiese angs
hierdié pad kom ek nie meer langs.

Maart 1990 om 02h30.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vaak
Mooi gedig. En ek weet nie waar kry jy al die asemrowende foto's nie. Dit is pragtig.
4 jaar 2 dae 18 ure oud


Ek hoor...
Pragtige slotgedig.. Die ondersteuning wanneer daar tyd was ,is geniet.. Baie geluk!
4 jaar 4 dae 2 ure oud


Gedagtes
Dis waarlik n pragtige gedig Arnold!

Baie geluk met jou bundel!
4 jaar 1 dag 22 ure oud


80
Ek hoor my eie gedagtes
en is omsluit in nagtelike stiltes. PUIK beskrywing!
4 jaar 1 dag 22 ure oud


Gedagtes
Staande applous vir jou, Arnold!!! Jy het dit gedoen!!!
Hierdie gedig van jou is PUIK en die perfekte afsluiting vir jou bundel. :)))
4 jaar 2 dae 21 ure oud


Eie gedagtes
Wonderlike gedig om die wenstreep mee oor te steek. Baie geluk.
Mooi gepen!!
4 jaar 2 dae 23 ure oud


Ek hoor my eie gedagtes.
Arnold,as ons hier op Woes maar net 'n stofdeeltjie bygedra het tot jou prestasie met jou bundel dan sou dit reeds genoegsaam vir ons wees as danksegging. Geniet nou die resultaat!
4 jaar 2 dae 23 ure oud


eie gegagtes
Weereen n prag gedig uit jou pen, uit jou hart.
Dankie vir jou dankie dis voorreg om jou gedigte te lees en baie geluk met jou bundel ek wens jou ook baie voorsoed met hierdie spog dundel.
4 jaar 3 dae 3 ure oud


hoor
Dit was net altyd n plesier om jou werke te lees Arnold en geluk jy is daar
4 jaar 3 dae 3 ure oud


Ek hoor my eie gedagtes.
Baie dankie aan al die Woeslede vir julle getroue ondersteunig en kommentaar gedurende die Woes-skryf-Woes projek, dit word opreg waardeer.
4 jaar 3 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    vir koeitjies en kalfies

    deur Doret Johnstone-Robertson

    'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar