Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

my vrou se hoesbui weerklink deur die nag
aanhoudend,onophoudelik,hartverskeurend
Here,ek kan nie meer uithou nie
ek vlug na 'n ander kamer toe maar
deur die toe deur weerklink die gedempte klank
hoe dikwels het ouers nie langs 'n kind gesit
en met elke hoes saam in die smart gedeel
vandag gelukkig kan ons hoop dat dit beter word
maar vroeer dae moes hul toesien hoe die bondel
stadig maar seker erger en erger word,onomkeerbaar.
vandag 'n stropie,goeie medikasie en uiteindelik
beterskap-maar duisende moes die smart aanskou
en uitendelik die geliefde afgee aan die dood
laat ons nie vergeet dat daar selfs nou
soveel duisende onbehandeldes in modderhutte le
sonder iemand wat genoeg omgee om te help



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kan nie meer nie...
Hartverskeurend, en die uiteinde vreesaanjaende...kommer...
7 jaar 9 maande 1 week 2 dae oud


ek kan nie meer nie
Laat my dink aan so paar jaar terug toe my dogtertjie so siek was en sy net agteruit gegaan het! Ek het langs haar gaan sit en gebid en God gevra om 'n beskerm engel langs haar te sit! Daai vol oggend hardloop sy opgewonde na my en roep mamma mamma eks gesond Liewe Jesus het gisteraand langs my gesit en my op my wang gesoen :-) wat 'n wow ervaring vir haar! Kom ons bid vir alle mense
7 jaar 10 maande 1 week 2 dae 3 ure oud


Sjoe ...
Hierdie gedig van jou raak met diep.
7 jaar 10 maande 1 week 2 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar