Gedigte

Titel: Ek ken jou
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Jy kom lê flarde van drome
en offer dit op kleitafels
waar feeste-vure eens
‘n donker nag se klein geluk kon flous

’n bewe hand en oë teer
vertel verhale van pyn en seer,
’n geskiedenis versteek
in woorde wat jou lippe
nooit van spreek

steeds offer jy jou hart
met jou arms wyd gesprei,
’n glimlag as jy die lewe se pyn
styf teen jou boesem hou

sonder om te vra
of verwagting te koester
bly jy steeds vir my
’n wonder vrou.

BennyB
© 23/08/2011 Barend Booysen
(Opgedra aan ’n baie spesiale mens. Dankie Ammie vir jou ongelooflike ondersteuning en vriendskap)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

rex
Ek ken jou ...
Mooi, Benny.
8 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 11 ure oud


Ek ken jou
Pragtige woordgebruik, hou hiervan
8 jaar 2 maande 3 weke 2 dae 9 ure oud


;-)
Sjoe - dit is so n stunning stukkie werk hierdie !
8 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 16 ure oud


=)
ai bennie die versie is sooo mooi...hy verdien 'n gunsteling plek..
8 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 22 ure oud


Z
'n Welverdiende vers, Skitterende geskryf.
8 jaar 3 maande 10 ure oud


Ek ken jou.
Sielvolle skrywe Benny.
8 jaar 3 maande 12 ure oud


Ek ken jou
So mooi...skitterend, BennieB...ek hou besonder hiervan!
8 jaar 3 maande 16 ure oud


Ek ken jou
Barend
Jy weet. Ek is tans nog selfopgesweep agv my eie skrywe oor digkuns en Afrikaans in vandag se rubrieke.
Nou kom jy met hierdie mooie suiwer Afrikaanse verhaal.
Volledig begin tot einde
ek het nie woorde nie.
8 jaar 3 maande 16 ure oud


...
my lewe is ryk, met jou in dit Ben !....dankie my vriend (((huggs)))


ammie
8 jaar 3 maande 17 ure oud


ek ken jou
hou hiervan
8 jaar 3 maande 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar