Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek kom van ‘n tyd toe oupa-grootjies nie ‘n nuutjie was
en dapper verhale om elke hoek sou waan,
ek kom ook van ‘n tyd toe ouma-grootjies self wasgoed was
en vroeg met die haan se kraai die kinders roep;

As ek terugkyk na die vergange dae
en jou neffens my sien staan,
dan loop my hart met woorde
woorde wat niks verstaan.

Ek kom van ‘n tyd toe ma’s nog brei
en sondae met ‘aunt Koba stry,
ek kom ook van die tyd toe ouma’s nog lees
en smiddae om vier die donkiekar ry;

As ek dan terugkyk na eergister se landerye
en jou krom en skeef sien staan,
dan loop my siel sonder medewete
‘n medewete wat soms net wil taan.

Ek kom van ‘n tyd toe pa’s sonder bang-haar latswaai
en sondae by oom Paul gaan braai,
ek kom ook van die tyd toe oupa’s nog pypstook
en laatmiddae die kallers in die kraal loop waai;

As ek dan nogsteeds terugkyk na ander jare se stories
en hul almal daar by jou sien staan,
dan loop my wete met verstommend redes
redes wat alewig wil bly verstaan.

Ek kom van ‘n tyd toe susters nie kan kook
en middae op die bed lȇ en droom,
ek kom ook van die tyd toe niggies nog skoppelmaai
en elke aand saam Karel in die donker verdwyn;

As ek dan nog al die tyd terugkyk
en jou nie meer daar sien staan
dan loop my gisters verhale hulself en op-pak
op-pak na ‘n môre waar grense nie bestaan.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek kom van 'n tyd
Ja; ek kan ook saam sê, ek kom waar baksteen en houtskool die yskas was.

Baie dankie vir hierdie prag gedig.
6 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 11 ure oud


Ek kom van 'n tyd
Ai,Ai,Ai! Laat jy my toonkrul van nog sommer verder as verby jou guitig-ernstige nostalgie te onthou en 'n bose lus om nog verder terug te mag verlang... Hierdie werkie van jou was my weggebere tot vanaand omdat ek dit vanaand nodig gehad het! (En dan belieg sommiges deur te se dat gedigte nie terapeutise waarde het nie...) Baie dankie en mooi bly!
8 jaar 4 weke 14 ure oud


Sjoe
maar dit was nou 'n pragwerk van herinneringe! Dankie hiervoor.
8 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 14 ure oud



VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar