Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek kyk na ’n film op TV: ’n vrou met borskanker
ek voel so deel van hierdie rolverdeling
want iewers in hierdie film is ek verskuil
met my eie hartseer wat in my huil

ek sluk aan die knop in my keel
later kan ek my trane nie keer
my eie storie speel af in my geheue
asof dit alles: gebeure van gister is

dis een film wat ek nooit kan vergeet
al wissel die spelers
dra ons dieselfde littekens
of op die liggaam, beslis op die hart

maar ek herinner myself dat:

Jesus die draaiboekskrywer is van my verhaal
al word my hart weer bang en swaar
vertrou ek my einde sal gelukkig wees
as nie op aarde, dan in die hiernamaals.

3 Januarie 2007



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vertroue
Lieflik.
4 jaar 9 maande 1 week 6 dae 20 ure oud


Ek kyk ...
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die KANSA projek.
4 jaar 9 maande 2 weke 14 ure oud


Ek kyk … ek huil … maar ek vertrou
Daar is nog hoop, al is dit nie op Aarde nie maar in die hiernamaals.
4 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 2 ure oud


***
Baie goed geskryf, Bets.
4 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 10 ure oud


huil
Ai bets n gedig vol hoop
4 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 11 ure oud


Ek kyk . . .
Ai -

Die beter deeltjie is
(as Gelowige)

Daardie amperse vooruitsien na dit wat Ewig is.

Ons staan almal maar in die tou.

Baie goed geskryf.
4 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 18 ure oud


huil
Hierdie is so 'n voel skrywe wat in die kol gepen is. Kreatief. Ek hou hiervan.
4 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar