Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek loop alleen
want so het ek gekom
en so sal ek gaan
soos die wind en die reën.

Wie het my hart verstaan
of my siel geken
wie was bewus
van my wentelbaan?

My spore sal verdof
en my naam vervaag
met geen erkenning
of pryslied of lof.

Waar is die seën
en wat is my lot
wie sal my help
of saam met my ween?

Waar gaan ek heen
en wanneer kom ek daar
of maak dit nie saak
want ek loop alleen.


MOENIE die titel en jou naam hier invoeg nie. Dit word outomaties bo aan bygevoeg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek loop alleen
jy verwoord hier meer as wat jy in woorde met ons deel
6 jaar 7 maande 2 weke 19 ure oud


Ek loop alleen
Hoeveel van ons voel so oor die saak. Hierdie seer en pyn voel ek saam met jou. Dis 'n hartseer uitroep na iemand wat sal luister. Dis regtig vir my so mooi wanneer 'n man sy hart so op papier kan vaslê. Dit is regtig 'n man wat wys dat hy 'n hart en gevoelens het en nie bang is om dit aan die wêreld te wys nie. Dit is diep en baie baie alleen. Goed geskryf.
6 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 8 ure oud


alleen
Heinz Mödler skryf in sy boek
'Sexy Liefde'
"Val in die see, in die middel van die oseaan, en jy SAL swem, saak nie maak waarheen nie."
6 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar