Gedigte

Titel: Ek mis jou
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek mis ons stoei sessies
in my tuin
Ek mis jou Ma
en haar wit wyn

Ek mis jou kop op my kussing
En ek mis wie Jy was
Ek mis jou dom grappies
En ons gespeel in 'n Waterplas

Ek mis dit om jou te groet
En ek mis jou bed
Ek mis selfs die feit
Dat Jy my moes red

Ek mis dit om by jou te wees
En met jou te praat
Maar saam met dit
Mis ek jou slegte raad

Maar wat ek altyd sal bly mis
Is wie ons was
Want ons het soos puzzle pieces
Bymekaar gepas

Ek mis jou
En niks anders
Ek mis jou,
Net vir Jou



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ouers hoef nie perfek te wees nie. Hulle moet net daar vir 'n mens wees. Pragtig geskryf en die insperasie het baie mooi deurgekom in Gamos se woorde.
9 jaar 10 maande 1 week 1 dag 10 ure oud


jammer kon nie dit weerstaan, prag gedig van jou

Ek mis jou warm asem in my nek
Ek mis jou lekker soene op my bek
Ek mis jou soepel lyfie voor my uitgestrek

Ek mis jou lekker lag
Ek mis jou glimlag elke dag
Ek mis jou warm lyfie sag
Ek mis jou skone prag

Ek mis jou vingers wat oor my streel
Ek mis jou hande wat met my hare speel
Ek mis jou want jy het my hart gesteel

Ek mis die hele boksendaais
Ek mis jou beslis
Mis jy my?
9 jaar 10 maande 1 week 1 dag 18 ure oud


Baie Dankie. Dit word opgedra aan 'n baie special mens, wat in my lewe was.
9 jaar 10 maande 1 week 1 dag 18 ure oud


welkom by woes!! mooi een..
9 jaar 10 maande 1 week 1 dag 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar