Weergawe: 1
Aantal woorde: 105
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 28 Jul 2008
vanaand mis ek weer
die vat van jou hand
aan my lyf…
(naak en sag)
ek mis die teer soen :
passievol en impulsief...
ek mis hoe jy langs my slaap
my net vashou, styf...
ek mis vanaand die
“ek is lief vir jou”
as jy my sou groet...
ek mis jou glimlag
en die dom grappe
wat jy soms maak...
(want dit laat my lag)
ek mis ons saam-wees-tye:
stilwees-tye...
ek mis jou naam op my selfoonskerm
as jy my SMS of bel...
ek mis jou vanaand;
alles van jou:
jou lag, jou lyf, jou soen...
maar wat ek die meeste mis...
is jou liefde...
Lees ander gedigte deur Nadia Vos
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur stefan s
Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.