Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek onthou die dag toe
jou drome in die poele van my oe kom rus het
en 'n wereld vol mores al my gisters laat wink het.

Ons was iewers in Afrika en
die aand het geblom aan my voete
jy het my gelei na plekke waar
jou onstuimige hart rus kon vind
in die maanlig van ons aand

Ons was iewers tussen hier en nou
en jy het jammer gese toe jy my hele wese neem

Ek onthou hoe my hart geklop het in
bewende besef dat ek jou gevind het

ons was iewers in ons eie wereld tot 'n rukkie later
toe ons lewens inmekaar kon vleg

ek onthou die dag toe jou glim my hart omsingel
jou mond in die hoeke van my voel kom rus vind

en ek al my gister vergeet het
en ek al my mores aan jou oorgegee het
en ek vir jou en vandag begin leef het.

Loena ©



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
dit was n oomblik vir altyd
9 jaar 1 maand 3 weke 4 ure oud



LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar