Gedigte

Titel: Ek onthou
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die dag was donker en vol vrae,
het jy dit gemaak uitgeteer en vermaer?,
Dit,was die vrae wat ek binne my gevrae het,

Daai middag laat was ons by lewe en dood,
toe ek die bloedbank moes bel vir een sakkie lewens brood,

Alles was daar,Jy moes net uithou,
Saam sou ons weer gekyk het na die hemel so blou,
elke snaakse gogga en dier aanskou,

Maar dit was nie Gods wens,
toe hy gese het mens, jy beplan jou pad maar ek stel die grens,

Binne my trane en smart,ek moes op daai oomblik alles
binne verhard,toe jy in my arms die laaste asem blaas,
Het ek geweet jy is na jou hemelse woning verplaas,

Die pyn en lyding weet ek is nou weg,
ek wonner nogsteeds hoekom was ek gekies vir daai geveg.

Die Vader, glo ek sal my eendag laat weet,
as dit tyd is vir my lewens spleet,my gang van lewe na dood,

Ma kyk af en hoor my hart nou,ek mis jou kwinkslae,jou
gesegdes jou lag,met die wete op 'n toekomstige dag,
Sien ons mekaar weer in ons vernuwe prag.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ou Bossie
Weereens het een van jou gedigte my laat huil! Jy kan toor met woorde ek is mal oor jou gedig so diep mens deel jou pyn! Ek wag vir nog vele meer!!!!
xxx
M
8 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 2 ure oud


Seer woorde mooi geskryf
8 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 20 ure oud


rex
Onthou ...
Jy skop af op 'n baie hoë noot!
8 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 5 ure oud


Die lewe
Vir ma van 'n seun
8 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar