Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die reuk van roosmaryn,
die smaak van soet rooi wyn,
bekende reuke, ons was nog klein!

Familie byeenkomste, lekker saamesyn,
geen bitterheid, of suur asyn,
niemand het mekaar ge ondermyn!

Vrolike dae, van lekker sonskyn,
tussen my vingers, voel ek nog die klei.
Dankie Here, as kind was ek vry!

Ons ouers, het swaar gekry,
nooit het ons daaronder gely,
niks kon ons, as familie onder kry!

Sondae middae, met die perdekar gery,
soms groot suig lekkers, na ete gekry,
mekaar geterg, en ook skelm gevry!

ons as kinders, moes stil sit, in ‘n ry,
anders, het ons gou, pak slae gekry,
lekker dae, wat vir altyd, by my sal bly.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

heimwee wat bly
oor al die lekker onthoudae van ons kindertyd
dis mooi beskryf!
13 jaar 5 maande 2 dae 21 ure oud


buksie.
Baie mooi geskryf. Jy stel dit so mooi. Ek sien dit amper soos op 'n video..
13 jaar 5 maande 3 dae 3 ure oud


Tye wat altyd gekoester sal word...die goeie ou dae was tog maar lekker.

Great geskryf
Dankie,
Chantelle
13 jaar 5 maande 3 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar