Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

kaalvoet vroegoggend op wag
na oom Gerrie se bus langs die pad
skooltassie netjies langs my
reg vir skool

die reuk van diesel
as oom Gerrie swierig met sy bus
om die skerp S draai beweeg
reg op my wagplek af

singende kinders elke oggend
vrolik en bly vir ‘n dag vol vreug
geen kommer geen klag
bly vir elke oomblik se saamspeel en lag

almal se opgewondenheid
oom Gerrie gaan weer ‘n storie vertel
angstig se saamluister
tot almal skater van die lag

die hartseer daai laaste dag
toe ek met nostalgie vir oulaas
totsiens moes sê aan oom Gerrie
my ou skoolbus vaarwel moes toekyk.

©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

skooltassie
Ans jy vat my gedagtes ver terug met hierdie gedig. lees gerus my artikels en kortverhale sover almal uit die verlede en lewer gerus kommentaar Neels
6 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 19 ure oud


skooltassie
ai tog Ans nou vat jy my ver terug toe ek kaalvoet oor die spoor gehardloop het skool toe. ek het n kortverhaal oor herdie dae wat ek nou afrond sal seker more of oormore opgesot word. Jy kan gerus my goed op Woes lees en kommentaar lewer
6 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 19 ure oud


*
Pragtige stukkie nostalgie!
6 jaar 5 maande 1 week 4 dae 16 ure oud


onthou
hoe verlang ek nou na my busrydae in die laerskool .. pragtig verwoord
6 jaar 5 maande 2 weke 4 ure oud


onthou
Roep jy nou lank gelede se herinneringe terug. Knap gedaan.
6 jaar 5 maande 2 weke 9 ure oud


Ek onthou nog
Ai Ans dit was darem die goeie ou lekker dae en hoe lekker om te onthou. Baie mooi gepen.
6 jaar 5 maande 2 weke 21 ure oud


Skoolbus
Iemand wat nooit skoolbus gery het nie, sal moeilik hierdie nostalgie verstaan!
6 jaar 5 maande 2 weke 22 ure oud


Bus
Ja...nou onthou ek ook weer hoe ons met die bus skool toe gery het. Dit was veral lekker om met 'n 'double decker' te ry en almal wou altyd bo sit. Dankie vir die onthou oomblik Ans.
6 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 10 ure oud


:)
Ag hoe lekker onthou ek saam met jou!
6 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar