Gedigte

Titel: Ek Sal
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek sal my kleintyd mis
tot ek weer klein is
en die maan weer nog jonk
soos n silwer een rand pronk
in die blou twee rand naglug .
Toe ek saam hom sit , sal ek stug
oor my skouer kyk na my , kleiner ,
wat soos n alleenweter
weet agter n toe kamerdeur is dit nie so seer
soos die jare wat pandora se boks nie kon keer .

Ek sal my kouklippe wat gek tekeninge
op mure probeer optel uit die herinneringe ,
en my waskryt sal op blywende wit papier
bly inkleur wat ek wil hê tot dit hier
voor my by my ken op die marmer kombuistafel lê .
En as ek van beter weet , sal ek wil hê
dat ek net daar bly sit ,
en my onskuld n kind se onopgesmukte gebid
vir beskerming en maatjies wat ek mis
en mamma en papa wat moet saam bly is .

Ek sal terug wil gaan in my verlede tyd ,
want die hede is tot my bitter stryd
nie die vyfrandnoot kleur van die son se gang
en die tienrandnoot gras en die twintigrand bruin lang
gang na n toe kamerdeur wat nie sos eer
is soos die jare wat pandora se boks nie kan keer .
Die Jungle Oats advertensie waar Illovo stroop in n groen kan
oor die aarbei in die pap loop
op TV was beter as die man
wat sy siel nou daarop verkoop .

Ek sal n vloermoer gooi omdat ek wil terug gaan,
en skree omdat ek net hier moet bly staan ,
God , ek vra net daardie een Kersfees daardie een donker Staerdag ,
dat daardie een nagdag se liggies sal ophou wag
vir my om daardie een persent weer oop te maak
toe haar God mooi oë my aan geraak
het , en met een kyk van die duiwel laat vergeet het
wat my van die hel laat weet het .
God , vir Wie ek enigiets vir Kersfees kan vra ,
Asseblief , God , sê ook vir daardie een dag ja .



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

N VERGANE ERA

deur neels claasen

spoorweg staaltjies en verhale uit die verlede



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar