Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As jy seerkry sal ek jou eina's beter soen
en pleisters op jou hart se wonde plak!
As jy seerkry dan voel ek hoe dit
blase brand teen my hart se binnewand.

Met n salfie van teerheid en liefde
sal ek jou eina's reg soen.
Ek sal jou dokter tot jy gesond is,
soos wat jy vir my sal doen!

As jou eina voete eendag ingee
en jy sukkel om te loop,
Sal ek my skatte alles inruil
en vir jou n nuwe rolstoel koop!

As jou bene begin wankel
sal ek jou op my rug rond abba
en dra waar jy wil wees.
As jou oe se sprankel swart word
sal ek jou deur die donker lei,
en die mooiste stories vir jou lees!

As die letsels van jou wonde begin pla
en jy nie medisyne daarvoor kry nie.
Sal ek aanhou soen tot daar van seerkry
se letsels nie n skeet of skraap oorbly nie.

Deur goed en sleg, rykdom en armoede,
gesondheid en siek...
sal ek jou bystaan en beskerm
en tot die dood toe by jou "stick"!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

jou eina dokter
dit is mos wat liefde is... pragtig gepen!
4 jaar 9 maande 1 week 5 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar