Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Nooit sal ek soos C.L. Leipoldt kan sê:
“My land is nie meer myne nie;
my volk is dood gestry,
my moed is nie meer heldemoed –
O God, vergewe my!”

en alhoewel van my mense
nou regoor die wêreld bly
en my land weg gevat is

gaan die stryd ewig aan
solank daar gebede
na God in die hemel opgaan

wat almagtig in beheer is
en selfs in onmoontlikheid
Sy wil uitvoer,

solank ‘n Afrikaner
op sy regte staan
om ‘n lewe te lei

sal ek ‘n straaltjie van hoop
van iewers kry
en solank ek lewe het
sal ek my
teen hierdie onregverdigheid verset.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Titel: Ek sal my teen hierdie onregverdigheid
Is so. Daar is altyd hoop
7 jaar 6 maande 1 dag oud



WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar