Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

So vinnig soos die son se sak
besef n mens nie
wat jy gehad het voor jy dit vergeet het nie ,
Vinnig soos die son se sak
gaan die tyd verby ,
is dit die lyn wat twee datums skei :
vir ewig jy , en vir altyd jy .
Stadig soos die nag besf n mens
hy sal nooit al die trane kan afvee nie ,
nooit al die antwoorde kan gee nie...
want ek huil self , ek vra self ,
en al wat ek weet
is dat jy die laaste woord sal wees wat ek sê ,
want ek sal nooit jou naam vergeet nie .
Dit is elke wagwoord op alles wat ek het ,
ek bring dit in n wierookbak voor God in gebed ,
ek noem jou dit as ek vir jou in Sy naam vra ,
dis wie ek aan Hom op dra .
Dis wie ek vra Hy moet oppas ,
dis die water waarmee ek Sy voete was ,
Dis die hande van my krag ,
Daarom sal ek nooit jou naam vergeet nie .

Dit is waarsonder ek nooit alleen sal wees nie .
Dit is wat ek roep as ek jou soek
Dit is wat ek kies en uithaal uit my hart
as ek enigiets kan saam vat .
Dit is vir wie ek by Hom sal wag


- Cornè Etchells



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ek sal nooit
Pragig gepen, ek kan egter net jou eerste 2 inskrywings vir die projek gebruik aangesien die opdrag duidelik aandui dat slegs 2 inskrywings per afdeling aanvaar word
4 jaar 11 maande 2 weke 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar