Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

China kom huis toe ma

Ma, China kom:

Trek in ons skole in:

Stadig maar seker in

ons gedagtes in.

In ons winkels, boeke

en parliment en hulle sakke in.

Ma China word president.


Soos ’n donker wolk

met gou rante:

Kom China plaas toe ma,

om malls te bou,

nie soos my maat van die dorp af:

wat net kom kuier het nie.

Ma China kom om te bly.


Ma ! Ons en almal se Afrika,

die Afrika wat ons so lief voor geword het.

Kom hulle:

Met die selfde glimlag

om die ou aarde

om te roer weg:

van die eensaam boer,

die Afrika kind van Lake Malawi,

die dogter van Kinshasa,

en die berge van rooi

linte in die wind.


Ma China kom om alles

te ontbind en te herbou:

Om ons soos hul te maak.


Ma China kom,

sonder ons weet:

En spring in ons are in

en word Afrika.

Ma Afrika word China.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

China
Dit is so n groot waarheid wat jy puik kom vaspen.. mens wonder of ander dit nie kan raaksien nie....
3 jaar 11 maande 3 weke 16 ure oud


Ek sien iets onder my bed
Goed gedoen!
3 jaar 11 maande 3 weke 22 ure oud


C
Puik!
3 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 5 ure oud


China
Uitstekende gedig. Ek is net so skrikkerig vir China. Ek kan nie dink dat dit lekker sal wees as Afrika China word nie. Baie goed gedoen met hierdie gedig :-)
3 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 13 ure oud



Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar