Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Oggendson
laat vloei warmte
uit somerstrale
en verf die horison
skakerings van goud.
Die plaashek
staan wyd oop
en ligvingers volg
die tweespoorpad,
heininglangs, 
tot by ons bloekomboom
waar ek jou vind.
Ek sluit my oë:
jy gooi jou arms om my nek,
soen my en lag
-ek sien in kleur-
en lê ʼn veldblom
as laaste groet
by jou voete neer.

© C. Potgieter 2013-05-04



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

*
Jinne, maak hierdie my nou dit aan my lyf voel!
6 jaar 10 maande 4 weke 16 ure oud


Ek sien in kleur
Sag en salwend, met so 'n tikkie seer bygeroer. Ek hou hiervan!
6 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 10 ure oud


Ek sien in kleur
Pragtige gedig, Charmain :)
6 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 18 ure oud


Kleur
Ek maak dieselfde afleiding as Woordverwerker. Dus, jou gedig is pragtig. Ek sien ook die prentjie in my kop. Maar aan die einde...kry ek toe 'n traan in die oog. Kleur is vir my baie belangrik. Ek het hierdie gedig gelees omdat die titel my gelok het. Ek hou darem sò daarvan as 'n gedig my iets laat voel en hierdie een laat my VOEL in hoofletters
6 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 20 ure oud


Kleur
Pragtig geskryf en vloeiend, hoe Meer keer ek dit oor lees hoe mooier en betekenisvoller word dit, weereens puik
6 jaar 11 maande 3 ure oud


Kleur
Mooi beskrywend en vol ... wat is die woord? ... Heuglikheid. Mooi gedoen. :)
6 jaar 11 maande 3 ure oud


sien in kleur
Mooi beskrywend en kleurvolle laaste groet.
6 jaar 11 maande 10 ure oud


Video
Mooi geskryf/beskryf Charmain*.
Ek kan die prentjie so voor my sien afspeel.
Vir my is dit 'n bewys van 'n suksesvolle beskrywende stuk.
(En die laaste stukkie met die rym sluit dit vir my baie goed af):

-ek sien in kleur-
en lê ʼn veldblom
as laaste groet
by jou voete neer.

(Ek kan verkeerd wees, maar die veldblom "as laaste groet" by die voete kan op 'n ander vlak op 'n graf dui..?)

Ek hou baie van die ene..
6 jaar 11 maande 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar