Weergawe:
Aantal woorde: 151
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 20 Nov 2006
is vol slaggate en dorings.
Dit kronkel en klim,
maar ons help mekaar.
Met jou aan my sy
is niks te swaar.
En af en toe
en nou en dan
kyk ek op.
Die pad is geteer.
En daar is meer.
'n Toring sien ek met 'n klok.
Jou handjie sag,
myne hard.
Ons loop al nader aan mekaar.
Die mense frons,
want hulle weet nie
hoekom ons glimlag.
Kaalvoet op die harde klip.
Ek sien jou in die fynste rok,
glimlag agter wit weggesteek.
Ek hoor die klank
van kinders klein.
Wat speel in die huisie
waar ons saam woon.
Een van die dae
hoor ek die klok.
Sien ek jou in die fynste rok.
'n Sirkel wat ons twee saam deel,
Die orrel wat daai liedjie speel.
En ons twee een voor Die Man.
Kaalvoet op 'n nuwe pad.
-=P=-
20 November 2006 11:45
Lees ander gedigte deur Bevolkte Klong
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Aná Niem
Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.