Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In die gloed van die oggendson
Kry ek my krag om op te staan
Opnuut die wêreld in die oë te kyk
En te sê “ek sien nog kans”

Wanneer die reëndruppels hard op die aarde plof
Voel ek en besef ek hoe U elke dag my laste afspoel
En wanneer die sonnetjie die laaste druppels opdroog
Herhinder dit my hoe U self ook my trane kom afdroog.

Net soos na ‘n strawwe droogte
Ons kan weet U stuur die reën
So weet ek dat na beproewing
Kan ek maar wag op U seën

Soos uit die barre droeë grond
Nuwe lewe kan voortspruit
So ook kan ‘n verslete hart
Omskep word in ‘n liefdesfontein.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek sien nog kans
Die lewe is een groot uitdaging om elke oomblik te geniet net daar waar jy jou vind.

Dis lekker om te lewe.
5 jaar 1 maand 3 weke 2 dae oud


ek sien nog kans
baie mooi en positiewe slot, Hy dra ons deur die soet en suur van elke dag
5 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 2 ure oud



Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar