Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

winter is mooi
as jy vassit in spierwit
sneeuvlokkies
en kaggels
vriendelike vlamme flikflooi
jy my warm hou
op die ou sofa
wat saam met ouma
met die
groottrek ingedra is

winter is perfek
as jy sop in
diep erde koppies
bedien saam met
varsgebakte brood
wat drup met
selfgemaakte plaasbotter
en jy oor die rand
vir my loer
terwyl ek onvroulik slurp

maar hierdie winter
is dit ekstra koud
en my serp
verwurg my uit jou uit
want ek is nie meer
jou heatertjie nie
net jou wasem
wat jy gedagteloos
uitblaas terwyl
jy jou sigaret
se kooltjie
saam met gedagtes van ons
met jou stomp-stewel hak,
vertrap



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Eina...dis 'n seer ene!
10 jaar 3 weke 1 dag 14 ure oud


raak ek kinderlik opgewonde oor jou beelde van winter wat jy skilder, net sodat die hartseer my aan die einde op die krop van my maag tref!...wow...puik gedoen!

ammiemoon
10 jaar 3 weke 1 dag 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :
Pyn

Van ons ander lede

Weerloos

deur Maangodin

Eroties Afrikaans - sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar