onderstreep dit liefderyk met die palm van hand
trek ’n hoepelsirkel daarom met sagte seewier
verlig dit rooksein-helder met droë palmtakvuur
Ek verf vir jou harte met tortelduif se veer
teen die soetdoringstam wat in bosveld staan
gebruik ook sy dorings om ’n pyl deur te trek
met boomgom plak ek stewig ons foto onderaan
Ek spel jou naam met rivier se spoelklippe
grassade vleg perfek-gekante vierkantraam
tevrede tree ek terug met ’n hoorbare sug
as jou naam vibreer, repeteer op my lippe
Ek skets met my vinger teen jou hart se muur
in liefdeskodes slegs aan ons twee bekend
wanneer jy dit dan binnekort, blitsig ontrafel
bring self die antwoord na my eie hartstafel
Lees ander gedigte deur Evelyn van der Merwe
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Robelle
Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm