Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ek stuur vir jou ‘n poskaart
met glimlag prente op
dit sê dat jou lag my bekoor
moet dit tog nooit nie stop

ek stuur vir jou ‘n voicemail
sodat ek jou stem kan hoor
by die eerste aanhoor van “hallo”
het ek my hart verloor

ek stuur vir jou ‘n boodskap
met internet se kabel saam
as dit in jou inbox land
sal jy sien dit is my naam

oud, vergeel, met lint vasgebind
stuur ek vir jou ‘n liefdesbrief
die hartjies wat daarop geteken is
sê ek het jou baie lief



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Vrou
jy MAG maar! Daai oud, vergeelde briefie dui op 'n jaaaarelange liefde en dit is so kosbaar. Dankie
2 jaar 6 maande 18 ure oud


Baie mooi
Teenwoordigheid, hetsy deur tegnologie of deur n briefie en opregte woorde.
2 jaar 6 maande 20 ure oud


Dis
pragtig, die "oud, vergeel, met lint vasgebind
stuur ek vir jou ‘n liefdesbrief" het 'n soort bekoring wat geen tegnologie kan na maak nie.
2 jaar 6 maande 23 ure oud


Brief
Tussen al die elektroniese wonders, bly 'n mooi liefdesbrief, gestuur op die outydse manier maar nog die mooiste besitting en herinnering.
2 jaar 6 maande 1 dag oud


ek stuur vir jou...
Die boodskap van liefde sal nooit nie verveel...Mooi geskryf!!
3 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 20 ure oud


--
Hoe pragtig, !BESONDERS! vleg jy die "ou, geel lintvasgebinde briefie" so saam met die "nuwe, moderne tegnologie van SMS, Internet en Selfoon", saam.

Tye het miskien verander maar "die liefde het steeds bly staan"

!APPLOUS! borrels!
3 jaar 7 maande 3 dae 11 ure oud


O
Baie mooi borrels
3 jaar 7 maande 5 dae 5 ure oud


Sjoe!
Puik gedig...Eks mal daaroor!!!
3 jaar 7 maande 5 dae 22 ure oud


Z
Die vloeiende rym lees lekker. Ek hou van die die afwisseling van die oue en die nuwe. Jy begin by 'n poskaart en jy eindig by 'n liefdesbrief op papier wat oud en vergeel is. Maar tussen die openingstrofe en die slot vat jy die moderne kommunikasie middele vas. Rustige liefdesbetuiging val op.
3 jaar 7 maande 6 dae 6 ure oud


--
So oorspronklik mooi, borrels!
3 jaar 7 maande 6 dae 17 ure oud


Boodskap
Die rym is lekker, die e-posrit is 'n plesier Dankie dat jy dit met ons deel!
3 jaar 7 maande 6 dae 19 ure oud


!!!
Jy bekoor elke keer met jou eerlike, opregtye liefdesbetuigings waar die onskuld duidelik uitstaan! Baie mooi Borrels!
3 jaar 7 maande 6 dae 20 ure oud


Ek Stuur vir jou...
Dat die boodskap lees 'n onskuldige, ondubbelsinnige gevoel vir iemand, wat moontlik die boodskap sal ontvang...Baie mooi gedoen in opregtheid...
3 jaar 7 maande 6 dae 22 ure oud



Van ons Premium+ lede

Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar