Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Huisgesin eens sterk en godsvresend
Het die pad en koers verloor, verbysterend
Veskillende koerse ingeslaan
Die goeie in die verlede het egter nooit getaan

Vandag klap ons vlerke weer saam in die lewenswind
En abba ons, ons jongste meisiekind
So herontdek ons mekaar
‘n Nuwe lewe sowaar

Ons jongste laat soms ons oë rek
Met die sệgoed wat kom uit daai klein bek
Weer lekker om lepel te lệ
En jou te kry wanneer ek jou wil hệ

Maar sekere besluite het ons geneem
Soos dat ek sou weg werk, alleen
Tydelik het ons geweet
Totdat ons weer ordentlik kan eet

My vệr werkery
Die alewige vliegtuig ry
En lang ure op die pad
Maak my egter heeltemal sat

Naweke is te kort om alles in te haal
Elke week wat ek weg is maak ons lewe skraal
Ons verloor te veel, ons het mos nou genoeg meel
Wat ons kan eet en met ander kan deel

Ons lewens is mos nou ryker
Hoef mos nie meer so te leef, so verwyder
Wil so graag elke aand by die huis wees
Nie meer soos nou, net in gees!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Hartsnare

    deur Driekie Grobler

    100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar