Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hier is die vier woorde:(Soos sy nog vanoggend uitgedaag het)

SENSUELE
SAGTHEID
RONDINGS
ONTPLOF

O! Julle!! dis 'n 'hottie'

LEKKER SKRYF!!

(16 woorde)

Hartseer sien ek jou laaste uitdaging

Sestien woorde, jou laaste

Laggend dans die sterretjies van lekkerkry

Toe jy hulle stuur……

Vir jou Robelle…….

Ek sien jou sensuele menswees

In jou rooirok, gekrul op die bank

By die HAP, nie in Bankok
waar jy ewe sou tuishoort....
 

Ek sien die sagtheid in jou oe

Toe ek jou met my lens vang

En jy jou kinders agterna kyk
bewoe, toe hulle groet en weg moes gaan
 

Ek giggle oor jou sms

Jy was opgewonde

 oor die rondings in jou buustelyf

“Ag fokkit Cat, ek gaan die foto raam

Hulle lyk so groot…. “
 

Dan die ontploffing via sms

Jou pen is stil

Dit is God se wil

‘n Groot gat word uitgeruk

Mens en dier……

Stil……
hier gaan een groot mens verby!!!!

Shalom  vriendin……
 




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Traanmooi huldeblyk.
9 jaar 2 maande 3 weke 2 dae 14 ure oud


Vlakvark se hart is seer, Sy Woesmaatjie, Robelle, is nie meer.
9 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 18 ure oud


My hart is baie seer.... ek is so bly ek haar ook 'n lekker stye drukkie verlede naweek gee. Hou gou en maklik gebeur die dinge... Mens moet NOOIT wag nie. Gee eerder daardie "blomme" vandag, elke dag...
9 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 6 ure oud


Sjoe Cat, jou vers lok trane. Robelle se plekkie is leeg... Ek sal altyd met 'n glimlag aan haar dink.

Beautiful vers...
9 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 10 ure oud


Dankie Cat!!
Ek is hartseer - Verlede week hierdie tyd het ek haar nog 'n drukkie gegee. Nou is sy weg. Dis so - Ek is ERG hartseer. Cheers Robellie.
9 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 10 ure oud


Damn Cat, dis 'n flippen AWESOME gedig!!

Stephan
9 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


Bella sal mal wees hieroor Cat - ek WEET sy sal...Dankie vir hierdie pragtige ode so in getroue Bella-styl....
9 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 14 ure oud


Pragvers so in die taal van daardie pragmens. Ai Cat?
9 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 14 ure oud


So skielik, So Eina! Lief jou Robelle!!
9 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 16 ure oud


met n glim(lag).
soos ons haar sal onthou.
9 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 19 ure oud


Gaan in vrede, vriendin! Ons sal vandag se byeenkoms ter nagedagtenis aan jou hou. Jy het dit gereël - dankie vir dit wat jy altyd vir ons gedoen het. As hier 'n Woes-funksie was, het Robelle altyd 'n dag voor die tyd gekom om ons te help. Ons gaan jou mis, maar gun jou die rus. Tot ons weer ontmoet!
9 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 20 ure oud


....ek hettie mee woorde nie...ek is fokken sad....xxx

ammie
9 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


xx
9 jaar 2 maande 4 weke 1 uur oud


Die hartseer, al te gou... die groet, het Woes in rou, jou mooi woorde om te onthou! Sy was 'n vriendin, getrou!
9 jaar 2 maande 4 weke 2 ure oud


Ja dis stil - die vrolike lag is stil - snik...
9 jaar 2 maande 4 weke 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :
Pyn

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar