Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ges 177
~ ek sien ‘n nuwe hemel kom
‘n aarde nuut en vry ~

Ek sien jou trots en jou plesier
terwyl jy loof en prys
in jou swakste oomblik
wanneer jy aanbid en bely

Ek voel jou warmte en energie
en absorbeer soveel ek kan
ek leen jou positiewe vibrasies
en steel ‘n straaltjie van jou lig

Ek sien jou omgee en jou sorg
in jou aanraking en praat
en as jy lees uit Die Woord
word ek hoendervleis aloor

Ek voel die vloei van jou krag
my bewende hand in joune
wanneer ek onseker voel
of sommer net bang en benoud

Ek sien jou wegvlieg, hoog op
daar waar my oë ophou kyk
hoe jy buite bereik opstyg
vir ewig weg van my

maar

Ek voel jou in my hart
jy los my in die leeukuil
neem vyf brode en twee vissies
en vertrek op jou pelgrimstog

en ek vra, nee ek smeek

God, kom haal my
ek is so onbeskryflik lost
ek kan nie meer nie
ek wil nie meer nie

want ek het jou grensloos lief

~ daarsy, dis uit ~ net jammer jy sal dit nooit hoor nie ~



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

--
"en ek vra, nee ek smeek

God, kom haal my
ek is so onbeskryflik lost
ek kan nie meer nie
ek wil nie meer nie" - Ek staan stil by hierdie strofe!

.. en dáái titel "is to die for"! SKITTEREND!
9 jaar 9 maande 2 weke 1 dag 19 ure oud


die weervoorspelling
like dit.
diep sielswerk..met jou hart op jou mou
9 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar