van ‘n plek waar jy botstil kan staan
en sonder moeite kan raak aan die maan
‘n plek met vrugte en groente lewensgroot
wat soet en sappig proe, eet dan lustig voort
‘n kloof vol van sprankelende, helder fonteine
daar waar jy nog kan eenwees met die bitterkleine
waar lowergroen grasperke aardbuik omvou
en elkeen op ander staatmaak en vertrou
iewers vêr wat soms so onwerklik klink
ieder en elk kan daar ‘n glasie vreugde skink
met al die bekommernisse agterweë gelaat
en almal ordentlik met mekaar kan praat
miskien ‘n eiland met uitgestrekte oseaan
waar jy al jou bekommernis en sorge laat gaan
gedoriewaar, sou dit nie fantasties, wonderlik wees
as ons almal nou saam daar kon vergader in vlees
Lees ander gedigte deur Evelyn van der Merwe
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur neels claasen
n boek met verhale en staaltjies uit die skrywer se eie eie spoorwegloopbaan