Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek wag om te sien
wie gaan plant en wie gaan oes
op die splinter nuwe Woes
miskien is daar ʼn mummie in die papie
ons sal maar moet wag en sien
hoe hierdie nuwe Vlinder
se vlerke gaan ontvou en
hoe hy fladder op dreef kom
hoog die bloue lug in sweef

Ek wag om te sien
Sal hy in kleure van son en saffier
opswiep en van bo aanskou
hoe ons skoenlappers bak en brou
van blom tot blom swoeg en dartel
hier in die nuwe woorde akker
en ook

sal hy van daar bowe
ook sien hoe die motte tot diep in die nag
sit en prewel en hakkel en sweet
die ink en die drane meng en die woorde blot
by ʼn kersie bitter flou
waaraan wit was trane bittereinder klou
die whiskey onder in die halwe glas
lank vergete, lank al lou

Ek wag en ek sien
hoe ons fanaties skryf en uit vee
skryf en uit vee
die ding moet op n punt kom
die lankal se onthou verwar
die griffels oor die hart se dinge

dan skielik is dit klaar
en sê ek dankie en seblief
dat hierdie keer miskien tog wel
ʼn goeie storie had te vertel
nederig en skaam
lê ons dan ons woorde offer
op die groot Woes se altaar neer
en wag, vir
dit is goed of probeer tog maar liewer nog ʼn keer



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

*
Ek stem saam Tannie Brannas, wonderlike woeste vooruitsigte!
6 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 8 ure oud


Hoofstuk Een
izzit 'n mot of izzit 'n vlinner
vir seker sal ekkie hoes roep of skinner
maar solank jy bly ploeg in jou akker
word die brannas sterker en nie swakker

hehehe



6 jaar 10 maande 2 weke 3 dae oud


Wag
Ek het aan my gatsak gevoel ons salli hoef op te pak en vat jou goed en trek Ferreira nie. Ek is kinderlik heppie.
6 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 1 uur oud


Vlinder Woes flap
My kwaad en ontstoke oor die Woes delimma het by my mond uitgeloop en niemand sal oot weet wat ek as plan B aangevang en gereed gehou het om Woes te laat voortleef - saak nie maak in welke klere nie.
Ek is en bly positief en wag om te sien of Woes 'n nuwe uitrusting gaan aantrek.
Join my.
6 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 2 ure oud


die weervoorspelling
Nuwe horisonne of de niet.
Eks net bly Woes bly.
*cheers*
6 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar