Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek wens ek kon die tyd terug draai
weer op die polsslag van die musiek dans
toe ons harte op die dieselfde ritme gons
en ons lywe aanhoudend wieg en swaai.


Ek wens ek kon weer jou asem in my nek voel
jou hand op my rug wat my styf teen jou vastrek
my kop in die holte van jou skouer, want dit pas perfek
my hand op jou bors geplaas, so opreg bedoel.

Ek wens ek kon weer in jou warmte baai
wat alle pyn en seer stil maak.....
want op daai oomblik maak net ons twee saak
terwyl ons op maat van die musiek tiekie draai.

Ek wens ek kon vir jou sê dat ek van jou droom
ons twee saam langs ń koel water stroom,
op jou brullende ysterperd se rug
ons pynlike verledes en seer ontvlug….

Ek wens ek kon vir jou sê dat jou oë diep in my siel kyk
my hart vinniger laat klop......op n wilde gallop
my weer in liefde laat glo wat my so lank ontwyk
my seer stil maak.....my hart weer ontvanklik maak.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek wens
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die LIEFDE projek.
3 jaar 10 maande 1 week 4 dae 14 ure oud


Ek wens...
Goeie voorbeeld van Eros liefde.
"op jou brullende ysterperd se rug
ons pynlike verledes en seer ontvlug…"
Interessante beelde wat jy skilder. Regtig goed gedoen.
3 jaar 10 maande 1 week 4 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar