Weergawe: 1
Aantal woorde: 291
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 28 Jul 2008
onthou jy nog daai aand
by daai show
jy het my gevra
of ek dit ook sou doen,
maar ek het jou betray
toe ek sê
ons moet maar net pêlle wees
ek wens jy kon,
ek wens jy wou
vanaand weer langs my lê
my net vashou
as ek hoor hoe die
reën daar buite val
dan onthou ek
ons laaste maal op die plaas
en die liefde wat ons kon deel
en ek wens jy kon,
en ek wens jy wou
vandag weer ‘n lewe saam my bou
en ek wens jy kon,
en ek wens jy wou
net weer vir my sê:
“ek is lief vir jou”
en ek onthou ons lepellê-nagte
en ons saam-wakkerword-oggende
as ek vir jou kon kyk en
van voor vir jou kon val
– besef hoe lief ek jou het
ek wens ek kon vanaand
vir jou sê
hoe ek voel
en hoe graag ek by jou wil lê
ek wens jy kon my weer
met hartstog soen
– passievol –
soos jy altyd sou doen
ek wens net
dinge kon anders wees
ek wens ek het
jou minder liefgehad
want dit sou die pyn
soveel minder maak
ek wens jy’t my liefgehad
soos jy eenmaal gesê het jy sou
ek hoop jy onthou
daai aand by die show
en ek hoop jy vergeef my
vir my betrayal,
oor ek dit vir jou gesê het
en ek hoop dat jy weet
diep binne jou
dat dit nie was
soos ek dit wou hê
want ek wil hê
dat jy na my moet terugkeer
en vir my moet sê
dat als okay sal wees
dat jy vir my lief is…
want ek wens jy kon,
want ek wens jy wou…
Lees ander gedigte deur Nadia Vos
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae