Projek: PROJEK – LIEFDE (2015-12-09 tot 2016-01-05)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 127
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 15 Dec 2015
ek wil jou gesig tussen die branders raam
om daarna te kyk as ek see toe gaan
ek wil die sagtheid in jou oë in watte-wolkies omvou
en dit veilig vir my oudag hou
ek wil die volmaan soos 'n speelbal vir jou gooi
sodat jy my saam na jou skatkamers kan nooi
ek wil jou lekker-lag tussen die kranse van my gedagtes laat weerklink
te luister na die eggo’s sodat ek heeldag lank aan jou kan dink
ek wil saam met jou lerieke sing op nuwe akkoorde
van jou fluisterende minne-woorde
ek wil in die dieptes van jou siel in duik en daar bly
want jy is soos elke asem teug vir my
ek wil een met jou wees
een in siel, een in gees!
Lees ander gedigte deur Sinne uit my siel
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Johann P. Boshoff
N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.
"ek wil jou gesig tussen die branders raam
om daarna te kyk as ek see toe gaan"
Interessante beelde.