Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Ek wil maar net reik-
na ontoereikend ster,
uitbundig, uitspattig,
rondomtalie om die maan,
met walvis,haai,dolfyn,
formasie- rugslag-swem,
nie ‘n flenter omgee,
of wêreld sou vergaan.

Ek wil maar net ruik-
aan Namakwaland-prag,
druipnat deur reënwoud,
skaars spesie loop soek,
vrede,vrywees,volkome geluk,
maar nou is dit alles-
in die stukkende, siek,
wêreldweb vasgekoek.


Ek wil maar net luister-
na vader tyd se tik-tik,
dit so stadig terugdraai,
laat sandkorrel-versteen.
Maar gaan die nuwe maan,
se laaste lui-lang straal,
hard, ongenaakbaar,
my terug na aarde pluk?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek wil maar net
Pragtig gepen. Hou van die herhaling van die titel aan die begin van elke vers.
4 jaar 6 maande 2 weke 4 dae 11 ure oud


Ek wil maar
In die gejaag word al die eenvoudige dinge van die lewe onderdruk!! Ek verlang nou sommer ook na al die dinge. Goeie werk.
4 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 3 ure oud


Rus.....
Diepe versugting van vele......goed beskryf!
4 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 9 ure oud


Wil maar
Ja. Gaan hy ons aarde toe ruk? puik soos gewoonlik.
4 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 22 ure oud


wil maar net
Ek kon alles wat jy hier skryf beleef, dit het my ingetrek. Jou skrywe is puik (soos gewoonlik)
4 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 7 ure oud


wil maar net
Soos gewoonlik kom Evelyn se eie unieke stempel sterk na vore in hierdie werk
4 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 10 ure oud


Ek wil maar net
In die eerste deel wil ek sê; 'go for it' daar dan soos jy dit stel, 'n siek stukkende wêreld, bly dit net 'n droom.
4 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 15 ure oud


Ja . . .
en tog glo ek dat ons eendag wel by hierdie 'wil maar net' gaan uitkom.

Baie mooi geskryf.
4 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 15 ure oud


ek wil maar net
Sintuie pragtig ingetrek in hierdie mooi woordskildery
4 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sielswoorde

deur Driekie Grobler

Voedsel vir siel - 20 Christelik-geinspireerde gedigte voorgedra deur Jana Swart.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar