Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Foto 1


. . . duskant die brug
draai ek af op ’n grondpad
ek wil vandag kaalvoet wees
in die vrye natuur.

Sonbesies
verwelkom my met hul koordans lied
’n heuningbekkie
kom smeer sy heuning om my glimlag

ek pluk vir my ’n wildevy
en gaan sit op ’n groot klip
onder die skadu van ’n oeroue hangtak boom
my oë vly oor die vlaktes, tevrede glimlag ek

die kind in my word opgewonde wakker,
ek bokspring oor die reënboog veldblomme
uitasem vind ek lêplek in die veld se arms
die son kom lê sy kop skuins op my skouer
’n sagte reën verras ons met ’n lafenis
en dis lekker om weer ’n kaalvoetkind te wees.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kaalvoet kind
ai maar hier het jy mooi geskryf Bets.. mens voel die vryheid van die natuur!!! PUIK gepen
5 jaar 10 maande 6 dae 17 ure oud


Kaalvoetkind ...
heerlik!
5 jaar 10 maande 1 week oud


kaalvoetkind
Pragtige skets vir die geestesoog. Mooi neergepen
5 jaar 10 maande 1 week 4 ure oud


Ek wil net weer kaalvoetkind wees
Vervloë herinneringe aan die goeie ou dae wat meeste van vandag se kinders ontneem word.
5 jaar 10 maande 1 week 5 ure oud


kaalvoetkind
vat my saam op hierdie toggie Bets. dit is darem nou te pragtig
5 jaar 10 maande 1 week 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar