Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek wil styf
arms om jou lyf
teen jou staan –
my lippe sluipvoet-soetjies
in jou nek bêre
in die lig van die maan .

Ek wil die sterre
in jou oë tel
saggies aan jou ore nibbel
jou hare liggies
teen my wang voel ,
die tintels op jou vel
dankbaar teerhand lees .

Ek wil in die oomblik
saam met jou wees .

Wil jy ?


( 27/11/2010 08h27 )

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

O! maggies, dis mooi, ou Maat. Die liefde is 'n wonderlike ding - Jy het dit so pragtig en teer verwoord. Het sy toe geantwoord?

Groete vanuit 'n bittere koue sneebedekte Engeland - Dit is koud!

Marcelle
9 jaar 2 weke 1 dag 7 ure oud


'n Baie mooi versugting, pragtig uit gebeeld!!
9 jaar 2 weke 1 dag 11 ure oud


Nes ek dink "Hierdie is jou beste vers ooit", kom verras jy en jou talent my nog 'n keer. Sjoe, wie sal kan weerstaan as iemand dan so mooi vra en so gentle is?
9 jaar 2 weke 1 dag 13 ure oud


'n 'Goed-voel'-vers wat 'n mens warm in die hart laat voel met die innigheid daarvan.
9 jaar 2 weke 1 dag 18 ure oud


dis mooi . . . . maak my hartseer . . . ons skrywersiele is so onafhanklik en verstrengel in denke . . .. en tog smag ons na liefde, en aanraking. ons skryf daaroor, ons diepste emosies, en tog sukkel ons soms om dit te leef.
stunning in eenvoud.
9 jaar 2 weke 1 dag 21 ure oud


Dis ook net jy Rudi wat so mooi saggies, teer kan skryf, kan vra! Fabulous!
9 jaar 2 weke 1 dag 22 ure oud


Lieflik, teer, sagte verleiding...wie sal dan nou nie wil nie, Rudi?
9 jaar 2 weke 1 dag 22 ure oud


!! A P P L O U S !!
Hierdie is sekerlik jou aller`beste vers ? Lieflik geskryf RUDI!
9 jaar 2 weke 1 dag 23 ure oud


JA JA JA ... ek wil.. lol
9 jaar 2 weke 1 dag 23 ure oud


Ai tog, *sug*, so mooi!
9 jaar 2 weke 1 dag 23 ure oud


Stem saam met Ammie ... wie op aarde sou nou wou as sy jy so mooi vra nie?
9 jaar 2 weke 1 dag 23 ure oud


ASEMSNAK-MOOI!!!
Woordeloos sit ek hier en lees hierdie PRAGSTUK!

Aai!
Jy weet ook net hoe-om-te-sê!
9 jaar 2 weke 2 dae oud


met so mooi fluister-woordjies, kan sy nimmer as te nooit van die hand wys nie... seker sy sou wou :-)
9 jaar 2 weke 2 dae 7 ure oud


Nou watter vrou vra ek jou, sal weier as jy so beautiful vra ?

Ek is seker sy wil !

Hierdie is so mooi Rudi !

ammiemoon

9 jaar 2 weke 2 dae 7 ure oud


"my lippe sluipvoet-soetjies
in jou nek bêre"...
Beautiful tenderness... STUNNING!!!
9 jaar 2 weke 2 dae 7 ure oud


"my lippe sluipvoet-soetjies
in jou nek bêre"...
Beautiful tenderness... STUNNING!!!
9 jaar 2 weke 2 dae 7 ure oud



Sielswoorde

deur Driekie Grobler

Voedsel vir siel - 20 Christelik-geinspireerde gedigte voorgedra deur Jana Swart.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar