Weergawe:
Aantal woorde: 177
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 14 Aug 2007
Ek's lief vir jou
met al jou nukke en rukke
met jou clutchplaat wat somtyds gly....
in jou wil ek vrek en ek verewig bly...
ek mis jou eksê soos die binneste
bitter, soet, dinges van 'n suurvy
al sê hulle wat en praat hulle .....dat...
hotnots,boere,bantus wat baklei....
ek smaak jou want jy's gebou uit die stof van my voorvaders...
mishandelde geeste,free at last...
ai die bloed op die skuldige se hande...
Here vergewe die dwaas
my oupa was met 'n sambok
gemoer deur 'n boer op 'n plaas
verdwaalde spoke sweef oor die dorre ,droë ,duister rande...
bedags speel die tôkolôsies wegkruipentjies...
snags maak hulle ons bang...
so baie stout dinge om in daai land aan te vang...
maar waar is die liefde
want nou's daar net haat...
'n paleishuis met tronktralies
wat kan dit baat...
nou is ons vry
maar die laaities verstik aan die tik
vigs en vuil siekte
gewapende roof
die overhede is doof...
...bogger is erg laat ek liewers ophou .
Lees ander gedigte deur Jan Konterdans
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Driekie Grobler
Voedsel vir siel - 20 Christelik-geinspireerde gedigte voorgedra deur Jana Swart.