Op Dendron skool gegaan
Sy ouers wat in Louis Trichardt
woon, net vakansietyd gesien
Vandag sluit die skool
Jippie! daar lui die klok!
Kindergesiggies straal
al-skarrelend word Pa en Ma
wat hul kinders handom-die-lyf kom haal-
gedruksoen.
Die laaste motor het vertrek
net hy nog, wat wag
Sy ogies bly vasgenael op die hek
waar bly Pa-hulle dan vandag?
Kop in die hande
sit hy allenigdapper
daar op sy uitpeul koffer
Toe teen laatmiddag
kom Meneer,
te stadig aangestap
Hoe dra mens die boodskap oor?
Ek's so jammer, Boetman
daar was 'n ongeluk
So jammer ou Seun
dit was noodlottig
jy't jou hele gesin verloor
Elizabeth Greef - 1/4/2013.
('n ware verhaal wat my byna uit my geloof geruk het)
Lees ander gedigte deur Karmenaadjie
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.