Gedigte

Titel: Elke keer
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Elke keer wanneer ons oë ontmoet
Voel dit of my hart uit my bors ruk.
Weet ek dat ek jou nie sal kan vashou,
Weet ek dat ek sal moet swyg
Oor hierdie verwonderende gevoel vir jou
Wat ek toesluit en opgekrop hou.
Wat ek wegsteek vir almal
Wat oë het om te sien.

Elke keer as ek in jou oë kyk…
Is ek soekend…
Soekend na ‘n sprankie of selfs ‘n spikkletjie
Van die teerheid wat eens in hul geskyn het vir my

Elke keer as ons oë ontmoet
Voel dit asof ‘n chemiese reaksie
Deur my bloed vloei,
Als begin tintel soos die bloed
Deur my are bruis…
So asof jy my aangeraak het...

Elke keer as ons oë ontmoet
Wonder ek of jy kan onthou
Hoe dit eens was…
Tussen my en jou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar