Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



en onthou jy nog die skelle woorde
kom raas dit soms nog...in refrein
in die holtes van jou skedel
en deur die kronkelgange...in jou brein

en voel jy - partymaal - nog die houe
op jou brose kinderlyf
is die letsels van die slae
nog teen die mure van jou hart...geskryf?

*

elke meisie wil 'n ma hê
wat sê; "ek's baie lief vir jou...
van al die kinders in die wêreld
is jý die een
van wie'k die meeste hou"

elke meisie wil 'n ma hê
wat mooi stories vir haar lees
en wat haar ook belowe
om vir áltyd...daar te wees

elke meisie wil 'n ma hê
wat sê; "jy's ewig welkom tuis
en wat ookal gebeur...
my kind
híérdie...is jou huis"

elke meisie wil 'n ma hê
wat vlegsels vleg in stormwind
en strikkies van satyn of sy
aan die punte...daarvan bind

elke meisie wil 'n ma hê
wat sê; "jy is regtig mooi...
mamma lief die krulle in jou hare
en jou wange...sag en rooi"

elke meisie wil 'n ma hê
wat in die skadu's by haar staan
sonder kwaad of oordeel
en met 'n sakdoek...vir elk traan

*

en onthou jy nog die harde woorde
die donker en die bang
die stiltes voor die storms
wat in die lug rondhang
 en voel jy nóú nog soms die slae
op jou brose kinderlyf?

want
ek lees steeds seer en letsels
in jou elke lag...
geskryf





C. Shaw
27 November 2014



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Elke meisie wil 'n ma hê...

Mag die wens volbring word.
4 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 5 ure oud


!!!
Baie goeie vers.
Die ander het reeds alles gesê, dink ek.
;-)
4 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 9 ure oud


*
Dit pluk aan die hart, bitter mooi!
4 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 18 ure oud


die weervoorspelling
n UItstaande vers..dit vloei net..so gemaklik...
kort net N chorus.Dan is dit n Hit Song.
*************
4 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 22 ure oud


meisie
Pragtige werkie Carma mal hieroor
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 5 ure oud


Inderdaad
die storie, die rym, die ritme, die vloei die boodskap die hartseer ~ alles werk perfek.

4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 5 ure oud


***
'n Besonderse gedig, Viooltjie...
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 11 ure oud


Hartseer
Mens sou altyd dink n ma sal haar kind totaal liefhe vir wat sy is en tog is daar ma's en pa's wat nooit kinders moes gehad het nie
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 12 ure oud


meisie
Elke meisie wil inderdaad nie net ma-kind verhouding he maar ook maat en staatmaker. Mooi beskrywings gebruik
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 17 ure oud


elke meisie
hoendervleis mooi!!! Hierdie gedig dink ek spreek tot elke moeder en dogter... PUIK!!!!
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 17 ure oud


Ma
Ai jinne Viooltjie, dit voel of jy afgeloer het toe ons kinders was in my ma se huis! Jou gedigte raak net al beter en beterder en beterderste!!!!
Ek wil net se: Ja, ek onthou, maar nee, ek voel nie meer nie.
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 18 ure oud


.
Nou moet ek weer sluk aan trane ... dis verskriklik mooi en goed geskryf.

Die rym is soos altyd uitstekend en dit vloei so goed. Die boodskap is ook perfek uiteengesit.

4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 21 ure oud


Meisie
Ek stem saam met Kiran. Daardie paar woordjies, "want
ek lees steeds seer en letsels in jou elke lag... geskryf" bind die hele gedig saam, en dit ruk aan 'n mens.

Regtig mooi geskryf!
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 23 ure oud


Eina-mooi!
"want
ek lees steeds seer en letsels
in jou elke lag...
geskryf"

So goed gestel!
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 23 ure oud


Ma
Hoe belangrik is ma nie in 'n kind se lewe nie....
Hulle bly die kind lewenslank by.
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 23 ure oud


Ma
Ons het 'n vriendin wat so 'n wrede ma gehad het. Hierdie ma het geblom as sy haar dogter kon slaan, afkraak en verneder.
Gelukkig het hierdie dogter opgestaan en oorwin in Sy naam.
4 jaar 10 maande 3 weke 3 dae oud



Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar