Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die worstelstryd
na kruispad - besluit
manifesteer wyd
maar moet uit..

Elke oggend om twee

In wakkerle-gedagte
selfkastydingsvermoee
wat hoogty vier met aanklagte
van dieself wat nie meer glo..

Elke oggend om twee

Kruispad is agter
die afdraai geneem
as Sionsmuur- wagter
dit tog sou beween ..

Elke oggend om twee

Die aanklag
in elke nagmerrie - droom
die selfregverdiging
wat rafel aan gewetens-soom


Elke oggend om twee

Wat baat dit nou
gedagtes om te swaai
om te wonder , te berou .
so eie fondament af te maai?

Elke oggend om twee

Die mens wat oortree
kan nie oordeel
ons is twee
met emosies , veel..


Met vergifnis se kruis
langs die afdraaipad geplant
is vrede nou tuis
tot weersiens aan die ander kant.

Tot dan die rus
onverstoord
van die ewigheid bewus
dis hoe dit hoort..

Elke oggend om twee...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

twee
ek stem saam met Anold. Vir my is dit die beste tyd van die dag
4 jaar 8 maande 1 week 1 dag 6 ure oud


Elke oggend om twee...
Elke oggend om twee is 'n goeie tyd om by die kruispad te kom waar 'n mens alleen met jou Verlosser kan praat.
4 jaar 8 maande 1 week 1 dag 8 ure oud


elke oggend on 2
Baie mooi.
4 jaar 8 maande 1 week 1 dag 18 ure oud


Elke oggend om 2
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die KRUISPAD projek.
4 jaar 8 maande 1 week 1 dag 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vir vanaand sal ek net jou hand vashou

deur Zymrly

Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar