Gedigte

Titel: Elohim
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

U Naam -
in rooiklei van songebakte tablet
gegraveer,
brand U spoor vas
waar artefakte versamel
vir duisend geslagte

Want U lewe en U bloed -
kruipend uit ʼn parskuip,
vloei in vate
van die wat staan
in U heilige Naam
op die bodem van U asem.

©C. Potgieter 2013-12-20



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Elohim
n Ongelooflike pragtige gedig en wat vir my n riem onder die hart is is die opskrif Elohim. waar jy Jahweh op Sy heilige naam noem
5 jaar 11 maande 3 weke 23 ure oud


Elohim
Op die bodem van U asem!
Ewig bodemloos, fantastiese beeldmateriaal.

Pragtig Charmain, vra na oorpeinsing!
5 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 9 ure oud


Elohim
Ongelooflik mooi!!!!! Hierdie pragstuk spreek boekdele
5 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 11 ure oud


***
Onverbeterlik.
5 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 13 ure oud


+++
Dis sowaar die mooiste wat 'n "breekbare erdekruik" dit maar kàn sê! (Ek buig my hoof in eerbied vir hierdie woorde.)
5 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 19 ure oud


Z
Ek wil nie hierdie briljante vers onteer deur my power kommentaar nie.
Volgens my onverbeterlik geskryf.
Ek maak dit verseker 'n gunsteling.
5 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 21 ure oud


--

Die rooiklei in die eerste strofe en die bloed in die tweede strofe is erg simbolies (Vir my altans!) * Treffend geskryf!
5 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar