Gedigte

Titel: Emmanuel
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Here, laat my vashou
soos ʼn kind
aan die waarheid
van U Woord
en Here dink aan my,
al is ek net ʼn takkie
in U boord
want ek wil in die kern
van U liefde leef
op die ware Wynstok
ingeplant -
ewig in U geanker
waar die wêreld
my nie kan wankel

U is my alles, Heer
my Enigste –
maak my ʼn boom
wat goeie vrugte dra
dig by die Waterstroom
tot aan die einde van my dae.

© C. Potgieter 2015-04-30



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Emmanuel
Dankie vir die mooi gebed wat jy met lesers deel.
4 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 4 ure oud


***
"..Here, laat my vashou
soos ʼn kind
aan die waarheid
van U Woord
en Here dink aan my,
al is ek net ʼn takkie
in U boord.."

Hierdie is baie,baie mooi!
Ek hou ook baie van die rym en ritme.
4 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 18 ure oud


amen
Dis nou n lieflike gedig gebed
4 jaar 9 maande 3 dae 16 ure oud


Amen . . .
Briljant gedoen!
4 jaar 9 maande 3 dae 17 ure oud


Emmanuel
Pragtige inspirerende gebed. Mooi gepen
4 jaar 9 maande 4 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

tussen woorde se oop spasies

deur BennyB

Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar